:: Woonwapark & Bosveld Vakansie-Oord ::
 


 


 

Tamboti Vreugde is 'n driester-woonwapark en bosveld vakansie-oord waar jy jou batterye kan kom herlaai en jou vreugde kan terugvind in die stilte van die natuur. Ons is geleë in die Dinokeng Big 5 - bewaringsarea.

Kom ontspan op hierdie vakansieplaas, slegs 45 minute vanaf Pretoria. Trek jou woonwa op een van ons 32 grasbedekte, skaduryke staanplekke met gerieflike ablusiegeriewe, of bespreek een van ons lugverkoelde, grasdak chalets. Ons bied jou ook 'n 4 slaapkamer gastehuis (genoem Bosveld Vreugde) wat 16 persone kan huisves.

By
Tamboti Vreugde het ons ook 'n jeugkampterrein wat geskik is vir kerk- en skoolgroepe. Dié kampterrein bestaan uit 2 slaap bungaloes met bankbeddens (30 dogters, 30 seuns apart, elk met ablusiegeriewe).

Maatskappy-konferensies en spanbou aktiwiteite kan ook in dié pragtige bosveld omgewing aangebied word.

Ons het nou ook 'n verhitte, onderdak swembad. Kliek hier om foto's daarvan te sien >>

'n Lieflike klipkerk met 160 sitplekke is pas klaar gebou. Kliek hier vir foto's >>

Lees 'n onlangse artikel wat in Beeld oor Tamboti Vreugde geskryf is .... >>


Kliek hier om na 'n paar lugfoto's te kyk >>